LANDBOU
1 .
1 . Die groot pekanneutboorde staan op laerliggende gronde waar vloedbesproeiing uit die Oranjerivier toegepas word .
ting en vang van insekte , terwyl die angoras rustig die lang grasse en onkruid vreet – alles deel van die organiese manier van boer . Hulle word elke ses maande geskeer en dit sorg vir ‘ n addisionele inkomstestroom . By Gog gaan dit oor volhoubaarheid en dat organiese produkte toegang tot ander markte bied .
Hy verduidelik dat omdat hulle organies boer , hulle nie sommer enige chemiese of ander spuitmiddels mag gebruik nie . Natuurlike produkte soos swael en koper is uitgesluit .
“ Verbruikers wat regtig ingestel is op organiese produkte en op die organiese beweging se beginsels , het ook meer gesofistikeerd geraak . In die verlede het hulle byvoorbeeld ‘ n druiwetros met bruin korrels daarin gekoop omdat dit natuurlik lyk en hulle dit self sal uithaal . Vandag glo die grootste gedeelte van die mark hulle moet produkte koop wat beter is vir die omgewing en meer volhoubaar verbou word . Hulle sal duurder betaal daarvoor , maar hulle soek kwaliteit . Rosyntjies is relatief makliker omdat klante nie die kwaliteit so vreeslik streng beoordeel nie .”
“ Jy verkoop dalk 100 ton organiese produkte , maar dieselfde klant koop 1 000 t ander produkte by jou ,” glo hy .
“ Ons tafeldruiwe is wit en rooi kultivars en ons boer nie sonder nette en permanente plastiek booor die wingerde nie . Dit is soos dakke wat ons kan ooptrek . Dit is duur en kos ongeveer R100 000 per hektaar en hou so 5 jaar . Dit het ‘ n invloed op die mikroklimaat en ‘ n
12 MARKtoe ! Junie 2023