MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Page 8

2 .
2 . Reusagtige waaiers help om die temperatuur by die rosyntjiewingerde te reguleer .

seisoenwerkers . As ’ n reël is daar 100 permanente werkers op al die plase , en ‘ n paar bestuurders . “ Hier is seker 200 bestuurders ,” spot hy , maar in werklikheid is daar 9 en ‘ n finansiële en administratiewe span van sewe .

Koos Page , een van die bestuurders , het die sluier so effe gelig en vertel van die BEE-deel van die boerdery van sowat 150 ha rosyntjies en 11 ha tafeldruiwe wat ten behoewe van plaaswerkers bewerk word .

Die pekanneute is ongeveer 23 jaar gelede aangeplant op die laer , swaar grond waar ryp soms voorkom , terwyl die wingerde op die hoër gronde geplant is wat meestal rypvry en warmer is om van natuurlike risiko ’ s te ontsnap .

Verskillende pekanneute word geplant en Gog vertel dat hulle aanvanklik 9 kultivars gebruik het , maar dit intussen tot drie verminder het , naamlik Choctaw , Wichita en Nahvo . Hulle kraak van die neute self , maar die meerderheid word aan verwerkers soos Green Valley en Bester verskaf . Die oesseisoen is tussen Julie en Augustus en lewer tussen 2 en 3 t per hektaar . Dit word meganies geoes waarna die bome taamlik hard teruggesnoei word en dit word dan opgevolg met bemesting- en spuitprogramme vir die res van die jaar .

“ Toe ons hier aangekom het , was daar 200 ha se besproeiings-gewasse , maar ons het dit met tafeldruiwe , rosyntjies en pekanneute begin uitbrei tot ongeveer 500 ha . Die vee-

8 MARKtoe ! Junie 2023