MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Page 7

LANDBOU

op Rodelande op Kanoneiland , op Mogari by Louisvale , en op Carpe Diem en Deo Gloria .

“ Ons besigheid is tafeldruiwe , rosyntjies , pekanneute , mediese cannabis , wild en vee , hoofsaaklik skape en beeste . Die grootste hiervan is die tafeldruiwe en rosyntjies – ons is waarskynlik die grootste rosyntjieboere in die land . Ons boer kommersieel op groot skaal en maak nie tuine nie ,” sê hy met ‘ n glimlag , en vertel dat sowel die rosyntjies as tafeldruiwe organies geboer word .

Die cannabis-aanleg is reeds in produksie en hulle het al heelwat produkte geproduseer , maar weens die streng beheer , kon min nog verkoop word . Sodra die markte oopgaan , is hulle gereed om meer daarop te fokus .

Op die wildsplaas wat grootliks deur Gog se pa as stokperdjie en addisionele belegging bedryf word , is daar onder meer buffels , swartwitpense , bastergemsbokke , renosters , springbokke en gemsbokke .

Hy is maar skugter om te vertel presies hoe groot hul onderneming is en noem net dat die tafeldruiwe maar gemiddeld is vir hierdie deel langs die Oranjerivier en die pekanneute op ‘ n “ redelike ” stuk grond verbou word . Dit is op die laerliggende dele van die plaas waar vloedbesproeiing toegepas word . Carpe Diem boer organies en hulle pak self tafeldruiwe met sowat 300

1 .
1 . Angorabokke word op Carpe Diem ingespan vir onkruidbeheer tussen die wingerde en hulle lewer ook kosbare sybokhaar as ‘ n addisionele inkomstestroom . Dit is deel van hul organiese boerderymetodes .
7 MARKtoe ! Junie 2023