MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Page 6

GOG VAN DER COLFF - CARPE DIEM
LANDBOU
1 .

GOG VAN DER COLFF - CARPE DIEM

Om organies te boer is nie altyd maklik nie , alhoewel dit ʼ ’ n mens tog toegang tot addisionele nismarkte gee . Maar dit plaas druk op die produsent om te verseker dat sy produkte aan al die internasionale vereistes voldoen .

Aan die woord , is Gog van der Colff , op die stoep van Carpe Diem digby Upington . Die groot vergadertafel is buite onder ‘ n afdak – seker die lekkerste raadsaal in die Noord-Kaap . Omring deur talle kantore en netjiese tuine met ’ n uitsig oor die plaas , kan ‘ n mens gou sien dat dinge hier reg gedoen word .

Gog – dit is ‘ n familiebynaam wat hy nie weet waarvandaan dit kom nie , alhoewel sy oupagrootjie Goggerman was en die naam waarskynlik vandaar kom – is al die vierde geslag wat in die Noord-Kaap boer . Sy pa , Johan , is steeds betrokke by die boerdery – veral met die beeste en wild . Hy het grootgeword op Kanoneiland waar sy oupa , Gog , 80 jaar gelede begin boer het . Pa Johan het by Oupa oorgeneem en Gog het in 2000 plaas toe gekom , ná sy BComm Landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch .

Hulle bedryf ook twee veeplase , Aranki en Sandputs , waar ʼ ’ n Bonsmara-kudde kommersieel bedryf word , maar hulle gaan na Droughtmasters oorskakel . Hulle boer ook

1 . Gog van der Colff glo in organiese boerderymetodes en dit het reeds nuwe markte vir hom geskep .
6 MARKtoe ! Junie 2023