LANDBOU
Upington is die middelpunt van die Nood-Kaap , geleë in die wyd uitgestrekte Kalahari . Ondanks die woestynagtige omgewing , lê dit in ‘ n vrugbare gebied en is dit die tuiste van talle suksesvolle landboubedrywe , insluitend tafeldruiwe , rosyntjies en veeboerdery . Die lewensaar van die meeste landbou-ondernemings , is die Oranjerivier wat water verskaf , maar ook ‘ n bron is vir ontspanningsaktiwiteite aan toeriste wat die gebied besoek . Die dorp is ook ‘ n gewilde oornagplek vir besoekers wat na Namibië , die Richtersveld en die Kgalagadi-oorgrenspark reis . Gulhartige produsente leef en werk in pas met die natuur , terwyl hulle ‘ n harde wêreld tem en help om voedselsekerheid in die land te versterk .
1 . Pekanneute is ‘ n relatief maklike gewas om te verbou en lewer ‘ n hoë opbrengs per hektaar .
5 MARKtoe ! Junie 2023