MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Page 76

PERSVERKLARING

Die kompetisie , wat nou in sy derde jaar is , het vanjaar inskrywings van oraloor gelok – so ver as Van Zylsrus , Daniëlskuil , Wolmaransstad , Bloemhof , Upington en Postmasburg , om maar ‘ n paar te noem .

“ Elke jaar nooi ons klante van al ons produksiestreke uit om die dag saam met ons te kom deurbring en dan bederf ons hulle vir die goeie diens en gehalteprodukte wat hulle aan Excelsior-abattoir verskaf ,” vertel Rianes de Klerk , eienaar van Excelsior .

Die abattoir slag gewoonlik ongeveer 500 beste per week en verkoop dit dan aan biltongverwerkers vanoor die hele land , maar feitlik 85 % van die vleis gaan na die biltongverwerkers in die Kaap . Die res word landwyd versprei .

“ Die doel van die kompetisie is om produsente die kans te gee om hul oorloopbeeste wat lekker vet geword het in die veld ( want ons voer mos nie eintlik hier in die Kalahari nie ) te verkoop en vir ‘ n lekker kompetisie in te skryf . Die beeste het daardie geelvet wat

1 . Biltongkoei-groep ( kampioen vir 2023 ): Hennie Booysen van Rooidam Trust in Kuruman .
76 MARKtoe ! Junie 2023