Al hoe meer produsente is besig om netbedekking oor veral tafeldruiwe aan te bring en Agrimark Upington verskaf al die nodige materiaal vir hierdie reuse-uitbreiding in die bedryf . Produsente besef die noodsaaklikheid hiervan en meen dat tafeldruiwe nie sonder die beskerming van nette in hierdie area gekweek moet word nie .
Dorpenaars , produsente en ander besoekers wat by Upington stop op pad na die Kgalagadi-oorgrenspark of Namibië , kan hier aandoen om huishoudelike items te koop . Die kleinhandelafdeling is uitgebreid en bied letterlik honderde huishoudelike produkte , van meel , sout en suiker , kookolie , gevriesde kos en vleis tot skoonmaakmiddels en meer . Die buitelewe-afdeling is
omvangryk met kamptoerusting soos tente , kampstoele , visvanggerei , slaapsakke en gastoebehore . In die verfafdeling is Clinton Booysen aan die stuur van sake . Die winkel bied ‘ n groot verskeidenheid verfprodukte deur handelsmerke soos Dulux , Duram en Plascon aan en enige kleur kan by die mengtoonbank voorberei word . Daar is ook ‘ n groot reeks van houtbeskermingsprodukte te koop .
In die klereafdeling word Jonsson se reeks van klere en skoene aangebied . Die gehalte en hul moderne aanslag vind wyd aanklank . Daar is natuurlik ook ‘ n groot verskeidenheid werksdrag met stewels en oorpakke , handskoene en beskermende drag vir die produsente se uiteenlopende behoeftes .