LANDBOU
6 .
Die jongste uitbreiding is die langverwagte jagtoerustingafdeling . Dit is ‘ n ware eenstopwinkel waar jagters al hul toebehore kan kom koop . “ Ons het besef dat daar ‘ n groot behoefte vir jagtoerusting is omdat ons op die jagroete na Namibië en ander dele van die Noord-Kaap is , en ons kry dikwels versoeke vir jagtoerusting – van gewere , teleskope , ammunisie en gekamoefleerde jagklere . Gewere word ook benodig vir produsente wat probleemdierbeheer wil toepas . Ons verkoop ook geweersakke en herlaaitoerusting – enigiets wat ‘ n jagter mag nodig kry ,” verduidelik Werner .
Omdat veeboerdery so ‘ n groot deel van die Kalahari-produsente se bedrywighede uitmaak , is een van die besigste afdelings die een vir dieregesondheid . Dit is bees- , skaap- , wild- en bokwêreld en produsente kan feitlik al hul dieremedisyne en ondersteuningsprodukte hier kry . In die store agter die winkel is daar ‘ n groot verskeidenheid dierevoeding , strooi en lekblokke beskikbaar . Aflewerings word op plase gedoen om die produsente by te staan . Dieselfde geld vir groot bestellings van brandstof en ander veevoer .
Omheiningsmateriaal , soos pale , draad , droppers en ander bindmateriaal , word verskaf .
6 . Neil Aggenbach , die tak se junior bestuurder , in die nuwe jagtoerusting-afdeling wat pas sy deure geopen het .
50 MARKtoe ! Junie 2023