MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Seite 49

LANDBOU

toegeruste wapen- en am-munisieafdeling , kan ons in al die behoeftes van die jagter , sportskut en buitelewe-entoesias voldoen . Ons doelwit is om soveel moontlik aan ons klante te bied , alles onder een dak , en dit te ondersteun met flinke en professionele diens ,” sê Werner Kruger , Agrimark se streekbestuurder van handel in die Noord- Kaap , wie se kantoor ook op die perseel is .

By Agrimark Upington gaan dit egter nie net oor koop en verkoop nie , betrokkenheid by die gemeenskap is ook van groot belang . “ Ons is nou by die gemeenskap betrokke en verskaf ondersteuning met verskeie borgskappe soos vir die landbouverenigings van Dwaalhoek , Netherlea , Kleinbegin en

Van Zylsrus . Ons was ook betrokke by die jaarlikse skietdag van SA Jagters ,” verduidelik Neil Aggenbach , junior bestuurder .

“ Ons doelwit is om soveel moontlik aan ons klante te bied , alles onder een dak , en dit te ondersteun met flinke en professionele diens ”

Die winkel het ook onlangs ‘ n bloedskenkdag gereël in samewerking met ‘ n plaaslike welsynsorganisasie terwyl ponie-ritte en kindervermaak aangebied is om die jonger besoekers besig te hou .

5 .
5 . Die afdeling met kamptoerusting is baie gewild en het alles wat kampeerders sou nodig kry , insluitend Waypoint , Agrimark se eie handelsmerk .
49 MARKtoe ! Junie 2023