MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Seite 48

LANDBOU
4 .
4 . Visvanggerei maak ‘ n groot deel uit van die buitelewe-afdeling en is gewild onder inwoners en besoekers wat langs die Oranjerivier wil gaan ontspan .

Kom jy by die tak aan , val die ruimte , netjiese rakke , goed georganiseerde store en buiteterrein , besige rybaan en ‘ n geriefswinkel wat voorsiening maak vir plaaslike mense en toeriste , jou dadelik op . En voeg dan die vriendelike en behulpsame personeel by , en jy wéét sommer dadelik dat dit ‘ n wenresep is .

Dis ‘ n groot winkel met baie produklyne om in die uiteenlopende behoeftes van Upington se inwoners te voorsien , sowel as produsente wat hoofsaaklik langs die Oranjerivier en die Kalahari boer .

Dit is onwaarskynlik dat Hein en sy personeel van 39 nie ‘ n noodsaaklike produk in die winkel beskikbaar het wat een van hul gereelde klante sou soek nie . “ Indien wel , spoor ons dit vir hulle op ,” vertel hy in sy kantoor wat vanaf die boonste verdieping oor die winkel uitkyk .

Die winkel is deur verskeie opgraderings en uitbreidings . Twee jaar gelede is dit met ‘ n verdere 540 m ² vergroot en byna 5 000 nuwe lyne is ingebring . “ Ons het dit gedoen omdat ons daarna streef om dié eenstopwinkel in Upington te wees . Met ander woorde , die een wat in al ons klante se behoeftes kan voorsien – alles van boumateriaal en doendit-self , tuinbou , besproeiing , troeteldier- en landbouprodukte . Met ons buitelewe- en klereafdeling en die nuutste toevoeging , ‘ n volledig

48 MARKtoe ! Junie 2023