LANDBOU
1 .
“ Vir my is klantetevredenheid die belangrikste aspek van ons diens en dit is waarna elke personeellid moet streef . Upington en die omliggende gebied se mense is nie alleen ons belangrikste klante nie , maar ons beskou hulle almal ook as deel van die familie .” So beskryf Hein Swart , bestuurder van Agrimark Upington , die winkel se bedrywighede in die uitgebreide Kalahari-omgewing waar hulle sake doen .
Deur : Danie Keet | Fotografie : Michel Dei-Cont
2 . 3 .
1 . Die span van Agrimark Upington is van links na regs , voorste ry : Rose van der Westhuizen , Johnny Titties en Christo Keet ; tweede ry : Geraldo Vikster , Clinton Booysen , Mariëtte Scholtz , Lenieve Zealand , Marthelle du Toit en Shannen Lottering ; derde ry : Johan Kriek , Liezel van Niekerk , Vanessa le Roux , Lyandre van Wyk , Travis Jooste , Melauny van Vuuren en Jan Diedericks ; vierde ry : Jason Brandt , Nessidine Beukes , Murchia Titus , Katrina van Rooi en Nadien van Wyk ; vyfde ry : James Masilabele , Tokkie Rich , Adriaan Bock en Deane Coetzee ; heel agter : Neil Aggenbach , Zealand Bauman , Hein Swart , Willie Marais en Enrico Strauss . 2 . Die winkel se rakke is onlangs verhoog en klante kan gemaklik tussen die rye deurstap . Al die produkafdelings is duidelik gemerk om aankope te vergemaklik . 3 . Hein Swart is die takbestuurder by Agrimark Upington .
47 MARKtoe ! Junie 2023