MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Seite 37

LANDBOU

na die Noord-Kaap uitbrei en toe het hulle ons uitgekoop en die ALSgroep Noord-Kaap is gevorm ,” vertel hy .

“ En dit beteken letterlik dat ons alles doen . Van konstruksie en terreinvoorbereiding , tot menslike hulpbronne , verhuring van konstruksietoerusting en -voertuie , die sogenaamde plant hire , landbou , mynbou en selfs ’ n lugvaartafdeling . Ons aktiwiteit is oor die hele land versprei , maar grootliks ook in Noordwes en KwaZulu- Natal , waar ons uitgebreide boerderybedrywighede het en

2 .

2 . Kassie se broer , Johan , is die bestuurder van die jagters se lodge op Winkelhaak , sowat 65 km van Upington . vanwaar ons Bovelderbeeste kom . Ons het ongeveer 780 werknemers in al ons vertakkings ,” beskryf hy .

“ Boonop het ons ‘ n lang verbintenis met Agrimark ,” sê hy glim-laggend en gooi ‘ n ogie na Johan Kriek , Agrimark Upington se bemarker . “ En jy kan nou sê ons koop nie baie by julle nie , maar toe ons nou in Addo gebou het , het ons alles daar by die Agrimark gekoop ,” vermaan hy met ‘ n knipoog .

En inderwaarheid het die ALSgroep landwyd talle vulstasies en Expressmark-winkels vir Agrimark gebou – in dorpe soos die Paarl , Robertson , Worcester , Vredendal , Lutzville en Kakamas tot in die noorde van die land .

Sy pa is nou afgetree , maar hy en sy seun , Harm , en sy vrou , Jeanne , bestuur die bedrywighede uit die Upington-kantoor . Dit is veral duidelik dat hy trots is op Harm , wat as siviele ingenieur aan CUT Bloemfontein gestudeer het en nou sy pa se regterhand is . Harm is die enigste kind , maar ‘ n mens sien dat hy ‘ n sterk wil het om stewig langs sy Kalahari-boerpa te kan staan .

“ Harm help ook op Winkelhaak as ek nie kan nie en bring sy kant dubbel en dwars met die besigheid . Ek vra gereeld raad en kry sy insette wanneer ons besluite oor bedrywighede moet neem .” Toe ons later die middag van Winkelhaak af terugry , is Kassie met die een of ander besigheidstransaksie op die foon besig . Ons hoor hoe hy afsluit dat hy eers Harm se inset gaan kry voordat hy ‘ n finale besluit oor die saak gaan neem .

37 MARKtoe ! Junie 2023