KASSIE JANSE VAN RENSBURG - ALS-GROEP
LANDBOU
1 .
KASSIE JANSE VAN RENSBURG - ALS-GROEP
Kassie Janse van Rensburg groet ons gulhartig in sy kantoor op die boonste verdieping van die kantoorgebou van die ALS-groep net buite Upington , naby Louisvale . Die kantoor getuig van ‘ n besige man , maar ook ‘ n man met ‘ n hart vir mense . ‘ n Magdom papiere , lêers en ander kantoorbenodigdhede word gou van die lessenaar verwyder en koffie word vir ons bestel .
Teen die mure pryk foto ’ s van sy gesin , en ‘ n groot witbord huisves ‘ n reeks besprekings – vir die kernbesigheid , sowel as die jaarlikse jagprogram op Winkelhaak , die jagplaas wat na aan sy hart is . Maar waar het dit alles begin ? “ Ek en my pa , Jannie , het ‘ n konstruksiemaatskappy in die Noord-Kaap gehad en ons het later met die verhuring van masjiene begin . My broer , Johan , en die twee Joubert-broers , Cas en Thys , het onder die naam ALS konstruksie en masjienverhuring in Natal en Noordwes gedoen . Ons het later besef dat ons teen mekaar gaan begin werk en hulle wou in elk geval
1 . Kassie Janse van Rensburg , van die ALS-groep op Upington , is ook die trotse eienaar van ‘ n kudde Bovelderbeeste .
36 MARKtoe ! Junie 2023