MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Seite 31

LANDBOU
2 .

“ Dis hoe sterk ek hieroor voel . Daar moenie foute in teeldiere wees nie . Hulle moet funksioneel wees . Op grond daarvan , kan ek my ramme verkoop . Die muggieplaag maak dat hulle net in die nag kan wei en hul kondisie het effens afgekom , maar my klante kom terug en sê my dat ek op die regte pad is . As die kwaliteit reg is , kry jy die beste opbrengs ,” verduidelik hy .

“ By repropduksie is vrugbaarheid natuurlik belangrik en dit hang weer af van die diere se voeding . As die veld goed is , lam die ooie sommer tweelinge , maar omdat die proteïenwaarde van die veld laag is , verkies ek nie tweelinge nie . Ons lamstelsel pas aan by die seisoene en ons probeer om elke twee jaar drie lammers te kry . As ‘ n mens die ooie te hard druk , raak hulle uitgeput en lam nie wanneer hulle moet nie . Ons lammers kry ook kuipvoeding om hulle gouer te help speen . As mens dan ‘ n bietjie aanvulling gee , is daar ‘ n beter opwaartse kurwe en vat hulle weer beter ram ,” verduidelik hy die proses .

Op Rendezvous probeer Dries om die diere in April of Mei dragtig te kry om dan in September en Oktober te lam . Ooie wat nie dragtig wil raak nie , word uitgeskop . Hy het op ‘ n keer ‘ n skaap op huurgrond by ‘ n buurman agtergelaat en toe hulle hom na 18 maande kry , het hy 46,6 kg uitgeslag – sonder enige

2 . Hierdie unieke drukgang stel Dries in staat om sy skape van een beheerpunt af in vier verskillende kampe te verdeel as hy hulle klassifiseer .
31 MARKtoe ! Junie 2023