MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Página 32

LANDBOU
3 .

dosering of voedingsaanvulling . “ Dalk het hy van die beeslek gevreet ,” skerts Dries weer .

Daar is genoeg water hier en ‘ n unieke waterstelsel bring dit oor ‘ n afstand van meer as 1 552 km van die Vaal-Gamagaraskema na die Kalahari waar meer as 500 boere op meer as 2 miljoen hektaar boer en 120 000 grootvee-eenhede daaruit voordeel trek . Die water loop in vryvloeipype en is ‘ n reuseaanwins vir die streek . En met goeie bestuur deur net 5 mense , en met ‘ n beheersentrum op Mosplaas , was daar verlede jaar net 2 % se verlies op die ganse pyplyn van begin tot end .

“ Ek het nog nooit mal-duur ramme gekoop nie , maar koop op seleksie saam met Daan Bosman wat al die Dorpertelers in die land ken . Op die veilings is daar ook maar politiek in die pryse en is dit moeilik om sonder ‘ n konsultant op internetveilings die regte skape te koop . Ons boere wat ernstig is oor genetika , kyk anders daarna ,” vertel hy .

“ Ons werk met die natuur en moet met ons oë waarneem en nie impulsief wees nie . Ons leer die omgewing ken en hoe jy boer maak ook ‘ n groot verskil . Ons almal gaan deur dieselfde droogte , maar hoekom is die koppe van duine op sommige plase dan rooi terwyl my plaas nog toegegroei is van die gras ? Ek het op 1 300 ha nog 130 bees en 400 skaap gehad – ek bestuur my besigheid reg en boer ligter op die res van die plaas met

3 . Die stoor op Rendezvous in die hartjie van die Kalahari waar Dries Rupping met sy Dorperskape boer . Dit is tipiese Kalahariwêreld , maar hier neig dit meer na die hardeveld .
32 MARKtoe ! Junie 2023