This SABS approved economy boot is built for safety with the notion of caring for ‘ FEET FIRST ’. The aim is to bring ease and comfort to every enterprise and every worker . The boot encompasses comfort , protection and affordability for the necessary tasks of its worker . hy glo die diere verduur onnodige ongemak as hul horings afgebrand moet word .
“ Ek fokus nou op skaap , alhoewel hulle nie maklik boer nie . Ons vorige seisoen was besonder goed en ná die winter het die veld self uitgeloop . Dit was feitlik die eerste keer in die geskiedenis van my 30 jaar van boer . Vanjaar het ons in Januarie reën gekry en toe het die diere geklas . Toe kom daai sikloon Freddie – twee keer . Maar vandaar af was hier bitter min reën , met die gevolg dat die veld maar bietjie swak is .”
Hy en sy broer , Fanie , boer min of meer saam , maar Dries beskou dit eerder as ‘ n vennootskap . “ Ons kan nie regtig saamwerk nie omdat ons so verskillend is ,” spot hy . “ Ek is rof en vinnig en hy is stadig en sekuur , maar ons vul mekaar aan solank ons net nie in dieselfde kraal is nie . Ek kyk ook meer na die bemarking en aankope en hy is in die veld . Hy is ‘ n beter herder as ek .”
“ Die ding wat my eintlik die skop gee met hierdie boerdery , is die seleksieproses waarin jy kan sien hoe jou skape verbeter . Ek kyk baie meer krities na die diere en sien makliker foute in die stoet . As ek foute optel , gaan daardie diere na die kudde toe . So kan ek my ooilammers vir R2 000 verkoop , eerder as om hulle vir R1 500 te slag , veral omdat daar ‘ n redelike aanvraag na hulle is .”
Dries is baie ernstig oor die Dorpers en glo die belangrikste eienskappe is die balans tussen lengte , breedte en diepte .