MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Page 29

LANDBOU
1 .

het , was dit aan die begin van die droogte en dit het swaar gegaan . Ek moes die huis regkry en ‘ n stoor opsit – dit was moeilik . Dit is ook moeilik vir die diere wat van die een plaas na ‘ n volgende een moes skuif . Dit vat omtrent ‘ n jaar voordat hulle weer behoorlik in produksie is .”

In 2001 het hy met die hulp van die bekende Dorper-kenner , Daan Bosman van Upington , sy eie Dorperstoet op die been gebring . Bosman het ‘ n groot invloed op die boerdery gehad en help steeds met raad en seleksie van diere .

“ Toe ek my stoet begin het , het ons ander Dorpertelers in Namibië besoek en ek het baie van die praktyke wat ek vandag toepas , daar gesien . Ek het ook geleer dat jy die beste ramme by die beste ooie sit , die tweede beste ramme by die tweede beste ooie en deur hierdie seleksie bou jy kwaliteit teelmateriaal . So het die boerdery goed gevorder . Ek het in ‘ n jaar 500 Dorperramme verkoop , en kon in die droogte gemiddeld 300 ramme per jaar verkoop . Dries se kuddes is nou 3 500 ooie en 200 beeste sterk . Hy hou veral van die poenskop Brangus wat vir hom goeie kalfies gee , min probleme bied en goed gewig aansit . Hy speel deesdae ook bietjie rond met Sussex-beeste . Hy verkies die poenskoppe omdat

1 . Vir Dries moet daar ‘ n goeie balans wees tussen lengte , breedte en diepte van sy Dorpers .
29 MARKtoe ! Junie 2023