LANDBOU
die man wat in die streek vir sy skerp humorsin bekend is . “ My van is Duits , my voorsate kom van Wesvalen , en dit kom van Rupert – dis die enigste konneksie waarmee ek ook rykdom kon smaak ,” skerts hy weer .
Aanvanklik het sy pa , Faan , vir hom gesê dit is te droog om hier te kom boer . Toe sy oupa 103 jaar gelede hier gekom het , was daar niks , geen drade of windpompe nie . Dries het ‘ n stuk van die grond so 10 jaar gelede by sy oom gekoop en in 2016 verhuis na Rendezvous nadat daar ‘ n grondeis op sy vorige plaas was . Hy vertel dat daar vroeër jare op die buurplaas ‘ n skool was en die koshuis was hier op Rendezvous . Vandag gaan die meeste
skoolgaande kinders Upington toe . Die Oranjerivier was ook nie daardie tyd standhoudend nie en sy pa-hulle het gereeld met die vee soontoe getrek om hulle water te gee . Dan moes hulle weer die volgende dag terug vir die weiding en so het hulle aangehou en die plase en hul veeboerdery uitgebrei .
“ My pa het daardie tyd seker so by die 5 000 karakoelskape gehad en op drie plase geboer . In die droogte van die 1980 ’ s het hy grond in Namibië gekoop , maar ek het in 2000 teruggekom Kalahari toe waar ek eers op Soetwater en later ook op Vrede geboer het . Vrede moes ons later prysgee weens ‘ n grondeis , maar het darem ‘ n goeie prys vir die grond gekry . Toe ek my kom vestig
GRADEER OP NA DIE HOË GEHALTE-KLEPREEKS VAN TORRENTI
Torrenti is ‘ n hoëgehalte koper- en PVC-klepreeks wat die vloei van water effektief beheer . Hierdie reeks is spesifiek ontwikkel vir die strawwe toestande wat besproeiingstelsels in Afrika se uiterste weerstomstandighede vereis .
Torrenti-vloeibeheerkleppe word vervaardig volgens die nuutste internasionale tegnologiese ontwikkelings en waarborg dat die produkreeks aan die hoogste gespesifiseerde standaarde voldoen .
Beskikbaar by deelnemende AgriMark-handelstakke . Die Torrenti-reeks word eksklusief versprei deur .