MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Seite 27

LANDBOU

maar dan met die beheer van vier lang hefbome in verskillende kampe afgekeer kan word – en dit kan alles deur een mens gedoen word .

“ So klassifiseer ons aanvanklik die hele trop skape in vier kategorieë . Dan gaan ons elke kampie weer deur en verfyn ons seleksie – en dit kan selfs ‘ n derde keer gedoen word om doodseker te maak dat die beste skape almal saam gegroepeer word ,” verduidelik hy die proses en wys hy met trots die selfgemaakte drukgange uit .

Dit is tipiese Kalahari-wêreld , maar hier neig dit meer na die hardeveld as die golwende duinlandskap van die rooi Kalahari . Die veld lyk baie dieselfde en die grasbossies staan ook welig .

Dries boer met Dorpers , sy groot liefde en die rede vir sy boerderypraktyk wat hy so deeglik bestuur . “ Ek het al in die suide van Namibië geboer , lank terug in die 1990 ’ s toe my pa daar ‘ n plaas gehad het en deel was van die karakoelbedryf . Ek het in 1991 by hom oorgeneem nadat ek my werk by Decca gelos het , waar ons radioseine van basisstasies na skepe uitgestuur het vir navigasie , amper iets soos vandag se GPSstelsels ,” verduidelik hy .

“ Net soos in die Namib , het dit hier ook gelyk of daar niks groei nie , maar die veld hier is gesond , het goeie drakrag , en die vee is altyd vet as jy dit reg bestuur ,” vertel hy in die koel sitkamer van die groot , lugtige plaashuis . En wat doen hy nou hier op Rendezvous ? “ Ek probeer my bes ,” is die flinke antwoord van

2 .
2 . Dorperooie aard goed in die Kalahari en word geselekteer om net die beste skape te lewer .
27 MARKtoe ! Junie 2023