DRIES RUPPING – RENDEZVOUS
LANDBOU
1 .
DRIES RUPPING – RENDEZVOUS
Rendezvous – die plek waar dinge bymekaarkom . En dit is hier waar Dries Rupping al die afgelope 30 jaar of wat sy boerdery bymekaar hou – met slegs sowat 4 werksmense en sy vrou , Marti , wat die boeke se leisels taamlik styf vashou .
Die lenige Dries , pas 60 jaar gevier , verwelkom ons op die plaaswerf , ongeveer 60 km buite Upington op die Koupanpad . Hy is besig met sweiswerk en vertel later dat hy lief is om dinge self te maak – items wat hom in sy boerdery help en die lewe vir hom makliker maak , soos die plaatjies vir sy skape se ore en ‘ n drukgangstelsel wat hom in staat stel om tot soveel as 1 000 skape op ‘ n dag te werk .
Sy praktiese ingesteldheid en die presiese manier waarop hy sy boerdery aanpak , word weerspieël in die ontwerp en uitleg van die drukgange en kraaltjies wat hy self ontwerp en gebou het en waarin hy sy skape klassifiseer . Hy wys die tegniese sketse wat hy vooraf gemaak het . Dit toon hoe die skape almal by een ingang ingelaat word ,
1 . Dries Rupping boer op Rendezvous en sy Dorperskape is sy trots .
26 MARKtoe ! Junie 2023