LANDBOU
6 .
Meting is vir Theunis belangrik . Hy het dit uit sy ervaring met druiweboerdery geleer en nou pas hy dit ook op sy beeskudde toe . Meting van gehalte en die toepassing van regstellende prosedures , lei onwillekeurig na hoër gehalte en dit is sy strewe met die Droughtmasters ook – om net die beste diere te teel en hulle te kan verkoop . Hulle doen volle prestasie-toetsing en al die aantekeninge word self bygewerk en op datum gehou : geboortemassa , speenmassa en koeigewig . Die bulle ondergaan ook ‘ n fase-D-groeitoets .
“ Met die wingerdboerdery moet ‘ n mens aandag gee aan prosesse soos besproeiing , spuitprogramme en uitdunning . Om te kies tussen veeboerdery en wingerd , is maar
moeilik . Met die beeste is dit ook lekker om te sien dat jou kombinasies van die regte bulle by die regte koeie werk en om dan te voel 80 % van jou kalwers is mooi en reg , is iets besonders ,” sê hy met trots .
“ Die gemene deler by albei vertakkings , is finansiële dissipline . As jy dit nie het nie , gaan dinge nie vir jou uitwerk nie . Jy kan hoe groot boer , maar as jou finansies nie reg is nie , het jy probleme ,” vertel hy .
Theunis se familie is al lank in die Upington-streek doenig en sy oupa , Schalk Engelbrecht , het reeds in 1928 op 23-jarige ouderdom in die Kaap gaan onderhandel met die destydse minister van landbou oor boerdery op Kanoneiland – een van die bekendste landboubakens langs die Oranjerivier . Theunis
6 . Tirisano gebruik net hul eie teelmateriaal . Hierdie bul is ‘ n toonbeeld van die Droughtmaster-beesras .
21 MARKtoe ! Junie 2023