MARKtoe! JUNIE 2023 Uitgawe 105 | Página 22

LANDBOU
1 .

het in 1984 self begin boer en het sedertdien verskillende stukke grond gekoop en verkoop , totdat hy in 1995 sy penne op Tirisano ingeslaan het .

Vandag boer hy op sowat 90 ha besproeiingsgrond waarop hoofsaaklik tafeldruiwe en rosyntjies verbou word – dis nou buiten die veeplase waarop sy Droughtmasters en Dorperskape loop .

“ Ons het sowat 42 ha tafeldruiwe en 30 ha rosyntjies , met ‘ n wye verskeidenheid kultivars . Aan die tafeldruiwe se kant is daar Sweet Globe en Early Sweet , om maar ‘ n paar te noem , en wat in ons pakstoor hier op die plaas vir Delecta en Rainbow gepak word . Ongeveer 200 mense werk in die seisoentyd in die pakstoor , terwyl ‘ n verdere 20 permanente werkers ook op die plaas bly . Ek het drie bestuurders , Corne de Jager , wat al langer as 10 jaar saam met my is , Isak Lange en Bennie Engelbrecht . En natuurlik my 14-jarige dogter , Cari , wat veral lief is vir die beeste . Sy het haar eie koeie en sy help dikwels vir Chris . Sy gaan ook saam veilings toe en is baie entoesiasties oor die boerdery . My vrou , Lana , is ook betrokke , maar meer aan die administratiewe kant ,” vertel Theunis .

1 . Chris Goosen ( links ) en Johan Kriek van Agrimark Upington beskou die Droughtmasters op Kameelvlakte .
Continental Supplies 021 510 6985