LANDBOU
ingespuit in ‘ n proses wat sowat ses weke duur . Met hierdie program kan ek my teelprogram versnel omdat dit te lank sal vat om van ’ n F1-dier tot die F4-vlak te vorder . Ons het ‘ n kalfpersentasie van by die 85 % met ‘ n interkalfperiode van 403 dae oor die hele kudde . Ons kalf ons verse redelik vroeg , tussen 24 en 30 maande , en kry goeie herbesetting , terwyl ons poog om ‘ n koei-kalfverhouding van 50 % op 205 dae te speen .”
Chris vertel dat hulle veral oplet na beeste wat lyfvet het . Hulle soek nie die droë bespiering nie . Goeie vleiskwaliteit beteken ‘ n dier met ‘ n mediumraam , maar met genoeg lyfvet om die droogtes te trotseer . Lyfvet is die dier se energiestoor en vet speel ‘ n belangrike rol in
hormoonbalans en konsepsie . In hulle streek is balans baie belangrik .
Die bulle se verdraagsaamheid ten opsigte van hitte , siektes en uitwendige parasiete , gepaard met uitstekende loopvermoë en haarkwaliteit , maak dat hulle op enige plek aanpas . Danksy hierdie eienskappe , tesame met goeie vrugbaarheid en erfdwang , gehardheid en ‘ n groot poena-komponent , maak Droughtmasters die ideale ras vir grootskaalse Kalahari-boerdery . Navrae van ander telers het hom genoodsaak om sy kudde en teelprogram uit te brei en daarom kon Theunis later begin om kommersiële bulle aan ander telers te verkoop . Die Tirisano Droughtmaster-stoet is in 2020 geregistreer .
5 .
5 . Die Droughtmaster-ras is ideaal vir die Kalahari-omgewing , want hulle is baie vrugbaar en het ‘ n goeie erfdwang .
20 MARKtoe ! Junie 2023