LANDBOU
“ Ons is nou besig met die voorbereiding van koeie vir ons teelprogram waar embrio ’ s in die ontvangerkoeie ingeplant word . ‘ n Ontvangerkoei hoef net ‘ n baarmoeder en uier te hê , nie juis veel meer nie , maar ons soek tog die beste diere daarvoor uit ,” sê hy .
“ Ons Droughtmaster-stoetery is bietjie meer as twee jaar oud en Theunis het sy eerste bul in 2012 gekoop nadat hy eers gewone kommersiële beeste gehad het . Hy is aangeraai om ‘ n Beefmaster-bul te probeer en Johan van der Nest , die man wat Droughtmaster bekend gemaak het , het hom aan die ras bekend gestel . En die ras het hom reg gepas , veral in sy strewe na vleisbeeste van hoë kwaliteit en om
sy genetiese poel te versterk .” Die Droughtmaster-bul wat die stamvader van die Tirisano-stoet is , bul nommer C11-524 , was ‘ n poenabul met uitstekende lengte , goeie beenstruktuur en haarkwaliteit . Een van sy voorvaders was Kappalee Fancy Boy en met so ‘ n naam kan dit nie anders as om goeie teelmateriaal te lewer nie . Hy is vir 10 jaar in die kudde gebruik en getuig van die ras se langslewendheid . Sy nasate sluit talle seuns in wat as kommersiële bulle verkoop is .
Ander bulle , met name soos Ramkat , Hubert en Chucky , deel almal die basiese sterk kenmerke van Droughtmasters : goeie breedte , lengte en diepte met sterk beenstruktuur en bespiering terwyl
2 .
2 . Chris Goosen is die kuddebestuurder van die Tirisano-stoet en het deeglike kennis oor die Droughtmaster-beeste .
17 MARKtoe ! Junie 2023