THEUNS ENGELBRECHT – TIRISANO
LANDBOU
1 .
THEUNS ENGELBRECHT – TIRISANO
Dis dalk nie ‘ n mooi tyd in die Kalahari nie – dit is nou volgens sommige produsente en inwoners . Maar as ‘ n mens so na die welige gras , verskeidenheid doringbome en rooi duine kyk , is dit prentjiemooi vir besoekers . Maar die welige grasse wat nou byna kniehoogte staan , is selfs vir die gewone Upingtonner en produsent van die streek ook mooi , ondanks die feit dat dit nie so groen is soos in die reëntyd nie . Die weiding behoort die vee deur die koue wintermaande te dra totdat die reën weer ( hopelik ) in die somer val en die sirkel voltooi word .
Een ding wat seker is , is dat produsente in die Kalahari baie presies boer en gesteld is op noukeurige bestuur in ‘ n omgewing wat soms maar hard is . Kuddebestuurder Chris Goosen wat al etlike jare saam met Theunis Engelbrecht , eienaar van Tirisano en ander plase in die streek werk , gesels met ons in die plaashuis op Kameelvlakte , feitlik tussen die duine . Agterkop is nog ‘ n plaas waar die Droughtmasters loop . Tirisano se Droughtmaster-stoet is bekend in die omgewing en diere van hoogstaande rasgehalte word hier geteel .
1 . Cari Engelbrecht deel haar liefde vir beeste met haar pa , Theunis , en is lief daarvoor om tussen die diere rond te loop . Sy boer self met ‘ n paar van haar eie .
16 MARKtoe ! Junie 2023