MARKtoe! JUNE 2018 | Page 45

GROND TOT MOND 13. Die whisky is ‘n uitvloeisel van Martiens se bier-belangstelling. Soos druiwe die skakel tussen wyn en brandewyn is, is graan die skakel tussen bier en whisky. Eksperimente het partykeer ook onverwagte resultate. “So ‘n ruk- kie gelede het ek ‘n moerbei brandewyn-eksperiment gedoen tot ek met skok agterkom het dat moerbeie ‘n lakseermiddel word. Maar dit het ‘n ongelooflike karakter gehad. Ek vervang toe die brandewyn in die vat met ‘n suurbier!” 14. Met hitte en intense koue, kry ’n mens hier wyndruiwe wat jy nie sou verwag nie. ‘n Ander unieke eienskap van sy brandewyn, is dat die helfte van sy basiswyn uit rooiwynkultivars bestaan. “Meeste ouens gebruik Colombar en Chenin Blanc. Ons baie sonskyn veroorsaak uitstekende balans in suur en suiker, veral in die rooi kultivars. Daarom gebruik ons ‘n groot komponent Cabernet Sauvignon en Merlot, en ‘n bietjie Sangiovese. Die res bestaan hoofsaaklik uit Colombar van ons oudste oorlewende wingerdblok wat in 1989 geplant is.” Op ‘n granietrots langs die wingerde wys Martiens waar die plaasgrense lê. Dis ook juis hierdie tipe graniet wat oor jare met dinamiet weggeblaas moes word sodat boere effektiewe gebruik van vloedbesproeiing kon kry. Hy noem dat die meeste wingerde hier sowat 840 m bo seespieël lê en ook tot op 1 000 m geplant word. Met hitte en intense koue, kry ’n mens hier wyndruiwe wat jy nie sou verwag nie. “Mense is altyd verbaas om te hoor ons het ‘n paar rye Pinot Noir waarvan ons ‘n enkelvariëteit- wyn maak.” Wat ons nie verbaas nie, is hoe intens bedrywighede op so ‘n klein onderneming kan wees. Omdat elke sent omgedraai moet word, word ‘n boer se vernuf voortdurend getoets. Selfs die webwerf moet aanhoudend versorg word. “Dit is ons beperking, want ons is so klein en moet alles self doen. Daar is maar min plekke met so min hande wat die produk van grond tot bottel – en selfs die etiket – self hanteer.” Dit is ook een van die redes hoekom sy vrou, Maxé, onlangs haar Upington-werk opgegee het om meer by die plaas betrokke te raak. “Ons wil graag ‘n top plaaslike ervaring van kwaliteit kos en wyn vir mense aanbied.” 7. Vate vol wyn moet kan lug uitblaas, maar nie intrek nie. 8. Martiens leef sy kuns met die etiketontwerp uit. 9. Bezalel was ‘n Bybelse nutsman. 10. Die kelder se lug is dik met die reuk van brandewyn. 11. ‘ ’n Mense moet wyn maak voor jy brandewyn kan maak.’ 12. Om voorraad reg te bestuur is ‘n fyn kuns vir klein ondernemings. 13. Oor die jare moes bo-grondse graniet vir wingerde teen die rivier plek maak. 14. Likeurs word gemaak van plante uit die Bezalel-tuin. MARKtoe! Junie 2018 45