GROND TOT MOND
Maar min hande beteken Martiens verwelkom die geleentheid om
sy passie vir die plaas en sy verhaal uit te leef. “Die wyn-etikette is my
eie kuns, so selfs daar is iets uniek wat ek met iemand kan deel.”
Tydens vanjaar se oes het nie net die een ketel ingeplof nie, maar ‘n
gedeelte van die brandewynkelder se dak het ook ingestort. Dan was
daar ook die tameletjie van bottelering. Ek vra Martiens hoekom sy
proelokaal se rakke so leeg is.
“Ek het baie verkope dié seisoen gehad en wag nou vir nuwe ver-
pakkingsmateriaal. Dis maar ‘n fyn balans, want my koerierkoste per
palet is omtrent n