MARKtoe! JUNE 2018 | Page 44

GROND TOT MOND
11. 12.
Hierdie area gaan die nuwe proelokaal word. Die ketel skuif na die binneplaas.“ Troupaartjies hou van die ketels as dekor, maar die ketels moet hul eie plek hê.”
Vir die stook kry Martiens onder andere perskes en lemmetjies by‘ n buurplaas. Turksvye groei wild teen die kranse.“ My pa was altyd lief vir die mampoer, maar daar was lank nie regtig belangstelling nie, alhoewel ek nou‘ n geleentheid met die craft-beweging sien.”
Vir die likeure – aarbei en ment – groei alles in die plaastuine.“ Dit is maar klein – ons doen so tussen 1 000 tot 2 000 produkte van elk,” gesels Martiens.
Bezalel se potketelbrandewyn begin sy lewe in die landgoed se kleine 7 hektaar wyndruif-wingerde. Om Bezalel se wyndruiwe uit te brei, sou hulle weg van die waardevolle vloedlyn moes beweeg.“ Dis juis die vloedlyn wat ons produkte so uniek maak – daai mikroklimaat, die ongelooflike kombinasie van bogrond en spoelgrond wat met elke vloed hier neergesit word.”
Veroudering strek van‘ n minimum van vyf jaar tot enigiets verby twaalf in Franse eikehoutvate.“ Ons haal uit wanneer ons
dit nodig het, nie wanneer dit noodwendig‘ n spesifieke ouderdom bereik het nie. Ons VSOP-produk se gemiddelde veroudering is 66 maande.”
Hy verduidelik:“ Omdat ons nie tussen die verskillende vate versnit nie, sal daar altyd klein verskille tussen een jaar se lot en die volgende wees. Ons brandewyn se smaak gaan nie altyd presies dieselfde wees nie. Die karakter bly dieselfde omdat dit van dieselfde druiwe, gronde en proses gemaak word, maar die intensiteit van spesifieke karaktereienskappe sal van ketel-loop tot ketel-loop verskil. Ons maak net enkel-vat produkte en probeer die natuurlikste verteenwoordiging van die druiwe van daardie jaar weer te gee, sonder te veel inmenging.”
Hy vertel dat hulle baie interessante goed op die plaas aanpak.“ Ons het drie jaar gelede met rooibos en ander fynbosse tydens die wynmaakproses begin eksperimenteer en nou verouder ons ook ons eerste whisky. So’ n ruk gelede is‘ n tradisionele stooklisensie teruggebring en ons het vir ons‘ n ketel vir daardie doel gekoop om vir eie gebruik te kan eksperimenteer.”

TREATED TIMBER POLES

Quality poles that stand the test of time

www. lctt. co. za

Upington( Area Verkope) E-pos: harlie @ lctt. co. za Sel: + 27 71 6006 911 Faks: + 27 86 205 1313
Low’ s Creek Treated Timber( LCTT) is spesialis vervaardigers van behandelde hout pale. LCTT beskik oor twee behandelingsaanlegte in Mpumalanga. LCTT vorm deel van die TTP groep en gesamentlik is ons die grootste en oudste in die bedryf in Suid-Afrika.
Ons spesialiseer in die verskaffing van Kreosoot en Koper Chroom Arseen( CCA) hoё druk behandelde pale. Ons produkte word behandel volgens industrie standaarde( SANS 457; 754; & 1288) en word regoor Suidelike Afrika aan kliënte gelewer.
Ons vlagskip produk is H4 V( Vineyard) bahandelde pale wat spesifiek vir wingerd- en boord- aanwending aanbeveel word. Hierdie pale beskik oor 30 % meer chemikaliё per kubieke meter asook spyker plate aan beide kante van die paal om te verseker dat maksimum leeftyd uit die produk verkry word.
44 MARKtoe! Mei 2018
Besoek gerus ons webwerf vir meer inligting: www. lctt. co. za Skakel gerus u naaste handelstak vir‘ n kwotasie.