GROND TOT MOND
In 2008 het veranderinge in die onderneming veroorsaak dat
Martiens teruggekom het plaas toe. Met ‘n graad in beeldende kunste,
was hy op pad om ‘n brouery oop te maak. “Ons moes kyk na die toe-
koms en ‘n besluit maak. Ek is mal oor druiwe en alles wat daarmee
saamgaan, maar ek is nie ‘n boer nie al is daar ‘n ryk familiegeskiedenis.
My fokus het toe die interaksie tussen ons geskiedenis op dié grond en
die produkte wat ons maak, geword.”
Saam met die landgoed-registrasie, is die uitvoere gestaak en die
pakstoor kon omskep word. Die plaas se inkomste het toe ook na rosyntjie-
druiwe verskuif.
“Om ‘n landgoed te wees beteken dat alle produksie – van die groei
van die produk tot by bottelering – binne een, aaneenlopende grens
moet plaasvind. Dit het veroorsaak dat ons moes kyk na waar ons wat
plant omdat ons gronde nie aaneen loop nie. Dit is maar hoe die omgewing
ontwikkel het.”
Die streek is oorspronklik in verskeie plase opgedeel en oor die
jare het Martiens se oupa stukke opgekoop. Waar Bezalel se kelder en
stokery geleë is, is Deel 10; dit was Dyasonsklip se middelpunt, waar die
ou petrolstasie, winkel en poskantoor gebou is. Die poskantoor is tot
vandag toe nog in werking en buiten haar betrokkenheid met die reël
van troues op Bezalel, is Martiens se ma ook die posmeester.
“Maar, as gevolg daarvan is ons grond soos lappies uitgelê en
daarom moes ons kies watter gedeelte die landgoed sou wees,” vertel
hy. “Meeste van ons wyndruiwe was klaar op hierdie stuk. Die wingerde
wat elders geleë is, kon nie onder die landgoed-etiket gebruik word nie
en ons moes dus ’n ander etiket kry. Zandland is byvoorbeeld die etiket
vir ons Viognier, en ons bemark ons mampoer onder die Dyasonsklip-
handelsmerk,” verduidelik hy.
7.
8.
9.
Die brandewyn is deesdae Bezalel se
hooffokus en gee uiting aan hul
hoofdoelstelling: kwaliteit produkte
van die vrug van die wingerd.
“Bezalel se wyne en -brandewyn val onder die landgoed-etiket.”
Die brandewyn is deesdae Bezalel se hooffokus en gee uiting aan hul
hoofdoelstelling: kwaliteit produkte van die vrug van die wingerd. “Ons
is eerstens ‘n stokery, maar jy kan nie goeie brandewyn maak sonder
om eers goeie wyn te maak nie.”
Die klem op handvaardigheid stem uit die naam Bezalel – die
hoofnutsman verantwoordelik vir die bou van die Bybelse Verbondsark.
“Soos dit vertel word, het hy nie net geskep nie, maar ook mense geleer.
En dis ons: ons hou daarvan om die storie te vertel, net soveel as wat
ons hou van die maak daarvan,” brei hy uit.
“Met ons beperkte middele het dit lank geneem om die voete te kry,
om ‘n toerismebesigheid die moeite werd te maak. Dis hoekom tafel-
druiwe so lank ‘n fokus gebly het. Dit het ook toegelaat dat ons toerisme-
besigheid organies kon groei. Nou doen ons 2 500 tot 3 000 proeë ‘n jaar
en vir ‘n klein besigheid is dit nice,” vertel hy trots.
Martiens neem ons uit die huidige proelokaal tot by die stook-
ketels. Ons stap deur die tuin waar daar twee pagoda-dakke in die binne-
hof staan. “Dis vir ons belangrik om vir die hele gesin iets te bied,” sê
Martiens. “My ma het die binnehof in ‘n sprokiestuin omskep en werk
nog daaraan. Verskeie kinderverhale word uitgebeeld. Ons het ook aarbeie
geplant, sodat kinders hul eie vrugte kan pluk. Vir elke hoekie hier is
daar ‘n plan,” sê Martiens, “en voor jy jou oë uitvee, is 10 jaar verby en jy
is steeds nie waar jy wil wees nie!”
Ons stap ‘n sag-beligte vertrek binne. Teen ‘n muur staan twee
blinkgevryfde koperketels van 660 liter elk met ‘n koperpyp gekoppel.
Hulle staan agter ‘n toonbank en Martiens maak verskoning vir ‘n paar
los bakstene. “Ons het ‘n bietjie van ‘n ongeluk gehad. Die een ketel
het heeltemal ingeplof toe die krag een aand afgeskop het. Die koue
buitekant en hitte binne, gepaard met ‘n blokkasie, het die lugdruk in die
ketel skielik laat daal. Ons moes hom toe uithaal om te laat regmaak.”
10.
MARKtoe! Junie 2018 43