MARKtoe! JULY 2017 | Page 9

LANDBOU Soos die meeste boerderye in die Sandveld is Drooge Vallei gedi- versifiseer en word daar ook groente geplant, waaronder patats, botter- skorsies (butternut) en wortels. Geldenhuys raam dat hulle altesaam sowat 22 duisend ton produkte per jaar lewer tussen hulle aartappels, groente en graangewasse. 1. Die produksie sluit ook sitrus in, ‘n afdeling waarmee daar onlangs by Drooge Vallei begin is. Die produksie sluit ook sitrus in, ‘n afdeling waarmee daar onlangs by Drooge Vallei begin is. Tans word sowat 65ha se sitrus verbou, wat hoofsaaklik onder nawels en Valencias verdeel is, maar daar is planne om dié aanplantings in die toekoms ook met sagte sitrus uit te brei. Wat die graang ewasse betref, word hawer en koring gesaai. Dit word onder meer as wisselgewasse in die aartappellande gesaai en die koring word grootliks gebaal vir strooi. Die hawer word ook vir veevoer gebaal wat vir Drooge Vallei se 750 Dorperooie en kommersiële trop van sowat 100 Bonsmaras aangewend word. Ná ons gesprek, ry ons ‘n draai in een van die patatlande waar werkers die oggend besig is om te oes. Geldenhuys wys vir ons hoe ‘n tipiese patat lyk wat in die Sandveld se kenmerkende sandgrond ge- plant is. Anders as die ‘vetter’ ovaalvormige patats wat mens gewoonlik op winkelrakke kry, is hierdie patats langer en herinner hulle ʼn mens aan die vorm van ‘n wortel. Skynbaar onwikkel die patats so, omdat die plant dieper moet gaan water haal in die sandgrond. Die implement wat gebruik word om die patats te oes, is ook van meet af vervaardig en spesiaal aangepas om dieper te oes en klein groentekratte te kan han- teer. “Ons gebruik die klein groentekratte want ons vind dat die patats minder hanteringskade opdoen, veral aan die punte. Die patats word hoofsaaklik aan die binnelandse mark gelewer, ter- wyl die botterskorsies weer meestal met behulp van agente uitgevoer word. Drooge Vallei se botterskorsies het al in onder meer Engeland, Dubai en Holland gedraai. 2. 3. Drooge Vallei se botterskorsies het al in onder meer Engeland, Dubai en Holland gedraai. Na ons ekskursie die groentelande in, keer ons terug na die hoof- huis waar daar tuisgemaakte spek- en kaasbotterbroodjies op ons wag. Dié uitstekende gebak is die werk van Geldenhuys se vrou Helien. Nie net is sy ‘n kranige bakster nie, sy is ook aan die stuur van die boerdery se administrasie. Met ons vertrek dink ek met heimwee dat dit gaaf sou gewees het as ek ‘n houer saamgebring het vir ‘n brakpakkie. En dit ook beslis vir geen hond nie. 4. 1. ‘n Jong sitrusboord maak hom staan. 2. Gesondheid uit die grond uit. 3. Unieke vorm van patats uit die Sandveld. 4. Lande lê in afwagting op die volgende aan- plantings. MARKtoe! Julie 2017 9