MARKtoe! JULY 2017 | Page 8

LANDBOU Drooge Vallei Aartappels - Geldenhuys Visser Ons klop die oggend eerste aan by Drooge Vallei Aartappels en ek vind by Geldenhuys Visser uit oor die spesifieke uitdagings wat die sandgrond met sy hoër insetkostes vir produsente inhou. “Hier beloop ons (kunsmis-) programme 30 tot 35 duisend rand per hektaar,” sê Geldenhuys. “As jy hier grondontledings doen, is dit 96% sand en ‘n bietjie klei. By ons is die grond ook baie suur, en dit moet bestuur word. Sodra jy begin kalk gee, kry jy probleme met siektes soos bruinskurf (wat kolle op die aartappels maak en al hoe erger raak). Dit is dus moei- lik om die sandgrond te bestuur.” “Besproeiing moet baie meer intensief gedoen word. Die grond loog baie makliker kunsmis uit weens sy struktuur. By ons moet jy minder water op ‘n slag gee sodat jy nie die voedingstowwe uit die grond uitloog nie. Ons het (elektroniese) vogmeters in die grond waarmee ons die watervlakke monitor.” Maar, bieg Geldenhuys, dit klop steeds nie die oog wat hy self op sy lande hou nie. “Die oumense het altyd gesê jou voetspore is die belangrikste ding op jou land.” 3. 4. “Die oumense het altyd gesê jou voetspore is die belangrikste ding op jou land.” By Drooge Vallei word daar steeds saadaartappels geproduseer, iets wat die afgelope paar jaar al hoe minder in die Sandveld gedoen word. Die Sandveld was vir ‘n geruime tyd die leidende produksiestreek vir aartappelmoere in Suid-Afrika, maar weens virusdruk kan al hoe minder produsente saadaartappels plant en het die Vrystaat intussen die voortou geneem met die kweek van aartappelmoere in Suid-Afrika. “Die virusse verstop die vaatbundels, of vaatweefsel, en dan kry jy net nie die aartappels grootgemaak nie, en die plante dra ook baie min.” 1. 2. Wat is die resep vir sukses as jy saadaartappels wil produseer? “Die eerste ding is, jy moet goeie materiaal plant. Jy moet gesertifi- seerde saad plant, en jou spuitprogramme moet van so ʼn aard wees dat daar geen siektes is wat die plante aansteek nie. Plantluise is veral ‘n groot probleem. “Ons spuit een keer per week. Dit raak te duur om twee keer per week te spuit. Maar met die besproeiing was jou spuitstof gou van die plant af. Ek dink ons grootste uitdaging is om ‘n goeie kultivar te kry wat (spesifiek) geskik is vir die Sandveld. Ons sit met kompetisie van die binneland wat baie beter opbrengste kry as ons, so ons soek kul- tivars wat ‘n goeie opbrengs lewer om ons op dieselfde produksievlak te plaas.” Ek vra of daar huidig plaaslik enige pogings is om sulke plantmate- riaal vir die Sandveld te kweek. “In hierdie stadium is daar nog nie,” sê Geldenhuys. “Ons het die afgelope twee weke twee vergaderings gehou om te kyk of ons nie nuwe plantmateriaal kan invoer nie.” Om hulle teen prysskommelings te verskans, is die aartappelafde- ling in drie verdeel. ‘n Derde beslaan die vermeerdering van saadaartap- pels. ‘n Derde word aan die varsmark gelewer en die oorblywende derde word aan die verwerkingsmark verskaf waar dit onder meer vir skyfies gebruik word. “Dis ‘n aartappel wat in Skotland gekweek is en dus uit die koue dele kom. Daarom lewer dit in die winter beter opbrengste as ander kultivars.” 1. Geldenhuys Visser en sy seun in hulle sitrusboorde. 2. Dié ou plaashuis dateer uit die 1800’s. 3. Geldenhuys Visser wys die skrywer hoe die patatwortels ondergronds ontwikkel. 4. Aartappels so ver die oog kan sien. 8 MARKtoe! Julie 2017 Een van die kultivars wat vir die varsmark geplant word, is die Val- or-kultivar. “Dit gee jou goeie opbrengs in die winter,” sê Geldenhuys. “Dis ‘n aartappel wat in Skotland gekweek is en dus uit die koue dele kom. Daarom lewer dit in die winter beter opbrengste as ander kulti- vars. Die beste pryse (in die mark) is in Oktober-November-maand. Wanneer die markaanbod dus op sy laagste is, probeer ons Valor oes.” Vir die verwerkingsmark word FL 2108 en Fianna geplant, terwyl Ava- lanche, Valor en verskeie FL-kultivars vir moere vermeerder word.