MARKtoe! JULY 2017 | Page 7

LANDBOU Deur Leoni Kok | Fotograaf: Michel dei Cont / Griet du Plessis Die dorpie Graafwater lê langs die R364 presies in die middel tussen Clanwilliam en Lambertsbaai. In die noorde domineer graangewasse die landskap, terwyl aartappelboerderye in die suide oorheers. Die omgewing is deel van die Sandveld wat alom bekend is as een van die land se topstreke vir aartap- pelverbouing. Die sandgrond verleen ‘n skoongrond waarin aantreklike aartappels geproduseer kan word, maar die prys wat boere vir dié skoongrond betaal, is hoë insetkostes. Hier moet aartappelprodusente na raming 50% meer kunsmis gebruik as hulle binnelandse eweknieë. MARKtoe! Julie 2017 7