MARKtoe! JULY 2017 | Page 10

LANDBOU Sonpanele net waar jy kyk 3. By die plaashek draai Graafwater se Agrimark-takbestuurder Stefan Geldenhuys regs pleks van links terug dorp toe. Hy wil ons eers iets gaan wys. Die Graafwater-omgewing is die tuiste van een van Suid-Afri- ka se grootste sonkragplase. Die Paleisheuwel- fotovoltaïese aanleg genereer 82,5kW sonkrag en behoort aan Enel Green Power wat ook ‘n 10MW-aanleg in Upington bedryf. Die sonplaas is voorwaar in- drukwekkend met sy 611 000 sonpanele wat uitgestrek staan oor 240 hektaar. Volgens Stefan is daar al hoe meer boere in die omgewing wat ook sonpanele op hul plase aanwend om krag op te wek. J.H. Laubscher Broers 1. - Johann en Annemie Laubscher Die J.H. Laubscher Broers se boerdery (JHL) is ‘n familieboerdery met ‘n pioniersgees. Die boerdery is begin deur die Laubscher-broers Pieter en Jan, en vandag is albei se kinders en hulle eggenote ook be- trokke by die onderneming. Dit is Pieter se kinders Johann en Annemie Laubscher wat ons te woord staan. Op die muur in die raadsaal pryk ‘n ou metaalplaat met die naam Zimmatic op. Dis ‘n onderdeel van ‘n ou spilpunt vertel Annemie en dit was die eerste spilpunt in die Wes-Kaap wat hulle op die plaas Sand- berg opgerig het. JHL was dus die eerste boerdery in die Wes-Kaap wat aartappels onder spilpunte geplant het. Voorts was die plaas ook die eerste in die omgewing wat ‘n selfaangedrewe aartappeloesmasjien aangeskaf het. JHL was dus die eerste boerdery in die Wes-Kaap wat aartappels onder spilpunte geplant het. 2. Soos ander boerderye in die omgewing, het die Laubschers ook vir ‘n aantal jare saadaartappels verbou, maar is weens rolbladvirus in 2005 gedwing om die saadaartappels te laat vaar. Vandag verbou die boerdery grotendeels tafelaartappels vir die varsmark, en wanneer hulle aanvaarbare pryse kan beding, plant hulle ook vir die verwerkings- mark. Johann som dit so op: “Ons plant vanjaar omtrent 280 hektaar aartappels. Binne hierdie raamwerk ondersoek ons tans; gaan dit vir die kleinhandel, of gaan dit vir verwerking? Ons begin ook om meer uitvoergeleenthede te ondersoek. Ons pas aan vir prys omdat ons in hierdie stadium ‘n prysnemer is, maar ons insetkoste is in dollar en dit bly styg. Volhoubaarheid in dié mark is dus ‘n uitdaging.” 4. 1. Onderdeel van die eerste spilpunt in die Graafwater-omgewing. 2. Aartappels word gewas by die J.H. Laubscher-pakstoor. 3. Dié sonpanele lyk soos ‘n illusie op die horison. 4. Sandveld-aartappels is oral gesog en Johann Laubscher kyk toe dat die oplaai vir die mark glad verloop. 10 MARKtoe! Julie 2017