LANDBOU
In 2004/2005 was die Sandveld die grootste moerproduksie-
streek in Suid-Afrika, maar hektare onder moerkweking het baie
afgeneem, van 3400ha in 1997/1998 tot 330ha verlede jaar. “Die
groot redes vir die afskaal van moerkweking in die Sandveld was die
bekendstelling deur privaat instansies van nuwe kultivars wat meer
bestand is teen grondoordraagbare siektes, maar in die Sandveld
het ons nooit ’n eie liggaam gehad om die proses te dryf nie. Ons
plant nog ouer kultivars soos Buffelspoort 1 en Up-to-date. Nuwe
kultivarontwikkeling is ’n groot proses. Uit 100 nuwe kultivars
wat jy as proewe plant, is daar dalk één wat dit kommersieel sal
maak,” verduidelik Niekie Visser, voorsitter van die Sandveldmoer-
kwekersvereniging. “Die ander rede is dat ons vensterperiode na
Mei en Junie verklein het as gevolg van hoë virusdruk, maar ons kan
dit nog doen en ons doen dit met redelike groot sukses.”
Hy erken dat die reputasie van die Sandveldse moere skade
gely het in die verlede.
‘n Projek om virusdruk te verlaag, is laas jaar van stapel
gestuur onder die inisiatief van die Sandveldaartappelkwekersor-
ganisasie (SAKO), in samewerking met Aartappels SA, en dit werp
2.
1.
3.
alreeds vrugte af: Vanaf Februarie vanjaar is daar omtrent nie meer
plantluise nie, noem Niekie Visser. “Ons het boere probeer aanspoor
om meer intensiewe plantluisspuitprogramme toe te pas en dinge
lyk al klaar beter. Ek dink die manne het begin om ernstig na hulle
lande te kyk en ek dink ouens het hulle lesse geleer.”
“Ons het boere probeer aanspoor om meer
intensiewe plantluisspuitprogramme toe te
pas en dinge lyk al klaar beter.”
Hy verwys na die virusdruk in die Sandveld, veral rolbladvi-
rus, wat deur verskeie plantluisspesies versprei word. Daar het
die virusdruk gestyg, in so ’n mate dat daar vandag net moere vir
Sandveldse gebruik gekweek word in die eens grootste gebied vir
die produksie an aartappelmoere.
Daar is steeds moerkwekers in die Sandveld, maar nou net veel
minder, waar hulle moere (veral Avalanche vir die winteraanplan-
tingseisoen) steeds met groot sukses verbou word. Om die waar-
heid te sê, is die Visserbroers en hulle pa van Platklip Boerdery naby
Graafwater in 2012 as die Aartappelsertifiseringsdiens se Moer-
kweker van die Jaar aangewys, en so onlangs as 2015 was een van die
finaliste, Fritz Carstens van SBK Boerdery, ook van die Sandveld.
Moerkwekers in die Sandveld hoop dat die streek weer eendag sy
regmatige plek sal inneem as moerkwekingstreek, aangesien hulle
met een groot voordeel sit: Weens hulle droë warm somers en hulle
34 MARKtoe! Julie 2017
sandgrond, oorleef daar min goed in hulle grond en is daar min pato-
gene van grondoordraagbare siektes wat agterbly.
Sanette Thiart, Besturende Direkteur van die Aartappelserti-
fiseringsdiens, beklemtoon die hoë risiko van moerkweking en die
geweldig intensiewe aard daarvan. “Die aanplantings word die heel-
tyd gesuiwer, wat beteken jy haal besmette of afwykende plante uit,
en jy moet deurentyd plantluisbeheer asook opslagbeheer toepas.
Die risiko is hoog: As daar byvoorbeeld bakteriese verwelk in jou
grond is, kan jy vir agt jaar geen moere kweek nie.”
In die binneland is virusdruk laer, deels omdat kouer winters
afsnypunte vir aartappelproduksie noodsaak, maar die uniekheid
van die Sandveld is juis dat daar 12 maande van die jaar aartappels
verbou kan word.
Abri Genade van Droërivier spuit sy aartappellande weekliks
teen plantluise. “Rolbladvirus het ’n verskriklike invloed, dit kan lei
na ’n afname van tot en met 50% en die plant sterf vroeër af met
swak knolontwikkeling. As almal ’n intensiewe spuitprogram volg,
sal die probleem baie kleiner wees.”
Die hoë produksiekoste van aartappels, tot R170 000 per hek-
taar om aartappels in te sit, en flou pryse vir aartappels wat wins-
marges baie fyn sny, plaas produsente onder druk, en dit mag wees
dat sommige produsente hul rieme fyn sny deur ’n week of wat oor
5.