LANDBOU
4.
plant, vektor en siekte beheer word en daarom is opslagbeheer ook
so ontsettend belangrik, want dit is ’n bron van peste. Daar kan tot
450 000 knolletjies per hektaar oorbly na ’n oes en dit word dan ’n
bose kringloop. Ons het al in ons proewe gesien hoe besmetting van
aartappelvirus binne etlike weke van ’n besmette land na ’n skoon
land kan versprei.”
Boere in die Sandveld se opslagbeheermiddel het vier bene
en ’n voorliefde vir rou aartappels: Die Sandveldse boerderye het
oor die algemeen ’n veevertakking wat óf in ’n land ingestuur word
ná die oes om die knolle uit te snuffel óf ’n dekgewas word gesaai
in ’n geoeste land, hetsy hawer of rog in die winter, of babala in die
somer. Opslagaartappelknolle kom dan op tussen hierdie weiding
en skape word ingestuur; ’n gawe uitweg vir boere in ’n gebied wat
nou al twee droë jare beleef het, en steeds onder droogtedruk is, ten
spyte van die reën ’n paar weke gelede.
“Boere let nou meer op opslagbeheer,” sê Niekie Visser. “Daar
is min goed wat jou die opbrengs kan gee per hektaar wat ’n aar-
tappel kan. Hier in die Sandveld word ’n bietjie