MARKtoe! JULY 2017 | Page 15

LANDBOU
Verskeie wildspesies is in die bewaringsgebied ingebring; onder meer koedoes, elande, gemsbokke, blouwildebeeste en ook twee kameelperde.“ My pa het kameelperde in Boesmantekeninge in die omgewing gesien, en hy het gemeen as daar vroeërjare kameelperde was dan sal hulle weer hier aard,” sê Annemie.
1. 2.
“... en hy het gemeen as daar vroeërjare kameelperde was dan sal hulle weer hier aard.”
Die eerste akkommodasie by Donkieskraal is gebou om jagters te huisves wat vir uitdunningsdoeleindes op die plaas kom skiet het. Vandag word daar steeds op die plaas gejag om wildgetalle te beheer. Annemie meld ook dat die lodge tans op die plaaslike mark gerig is en dat hulle dit grootliks deur oorvertelling onder gaste bemark om dit so eg Suid-Afrikaans as moontlik te hou.“ Ons is wel besig om stadig maar seker vir die oorsese mark reg te maak. My pa sal glad nie omgee vir dollars of euro’ s nie!” skerts sy.
1. Die self-ontwerpte oond is‘ n wenner vir pizzas. 2. Die ou familiehuis is nou akkommodasie vir gaste.
Lambertsbaai-hotel
Na‘ n lang, stowwerige dag is ons vort Lambertsbaai toe, waar ons tuisgaan by die Lambertsbaai-hotel,‘ n instelling op dié klein dorpie. Ons sit en teug aan‘ n welverdiende bier by die hotelkroeg, terwyl ons deur fotograaf Michel Dei-Cont se kiekies van die dag loer. Landbou maak darem altyd die mooiste foto’ s.
Later span ek op my kamer se privaat balkon uit en kyk vir die hawe en die visfabriek waar swerms seevoëls‘ n Hitchcock-agtige silhoeët in die laat skemer op die dakke vorm. Die bed lyk aanloklik en ek weet vanaand gaan ek lekker slaap.

Dink kwaliteit, gemak en waarde.

Onderdele maklik bekombaar. Pasop vir goedkoop namaaksels. Produk in foto: STAR 4 snoeiskêr.
Swaardiens veer

Dink.

Handige draadknipper
Gemaklike handvatsel vir groter hande
Lewer‘ n skoon en presiese snit
Die STAR reeks swaardiens snoeiskêre is spesiaal ontwerp en vervaardig om jou vir langer met presisie te laat snoei. Daar is’ n STAR snoeiskêr vir elke gebruik, of dit nou in die plantasie of in jou tuin is.
STAR snoeiskêre is beskikbaar by deelnemende AgriMark winkels. Eksklusief versprei deur