MARKtoe! JULY 2017 | Page 14

LANDBOU Na ons gesels, maak ons ‘n draai by die aartappelverpakkingsaan- leg en Johann haal ‘n ongewaste aartappel uit een van die kratte. Hy illustreer hoe maklik dit is om die sandgrond van die aartappel se skil af te vryf. “Dit is die lekker van ‘n Sandveld-aartappel.” (Anders as aartappelverbouingsstreke in die noorde van die land waar daar meer klei in die grond is en die grond dus meer aan die aartappelskil kleef.) “Dis jammer dat verbruikers verkies om gewaste aartappels te koop, want mens kry daardie natuurlike aartappelsmaak met die ongewaste aartappels en die aartappels se raklewe is ook langer.” Die grot-chalets is letterlik uit die natuurlike rots gekerf en die omliggende rots is ook tot unieke effek gebruik in die onthaal- en ontspanningsareas. Ons laaste uitstappie is na die plaas se gastelodge Donkieskraal. Dit bestaan uit drie grot-chalets, vier tent-chalets en een groot fami- liehuis. Die grot-chalets is letterlik uit die natuurlike rots gekerf en die omliggende rots is ook tot unieke effek gebruik in die onthaal- en ontspanningsareas. Dit voel of mens op die stel is van ‘n fantasierol- prent soos Lord of the Rings. Die lodge het sy ontstaan te danke aan die Laubschers se liefde vir bewaring. Hulle volg onder meer Cape Nature se riglyne vir volhoubare ontbossing en Johann meld ook dat hulle trots is dat hulle water (wat uit boorgate verkry word) behoorlik geverifieer en geregistreer is. Om die fynbos in die omgewing te bewaar is sowat tweeduisend hektaar van die plaas Sandberg afgespan en tot bewaringsgebied ver- klaar. Die grond word in samewerking met Cape Nature as bewarings- gebied bestuur en vorm deel van die Groter Cederberg Biodiversiteit Korridor. 1. 2. 3. 1. Donkieskraal uit die rotse gekerf. 2. Annemie Laubscher by die kroegdeur waar soveel plaaslike mense al so lekker gekuier het. 3. En wat sal ‘n wildsplaas nou sonder wildstoere wees? PROTECTS YOUR CROP AGAINST DAMAGE CAUSED BY SEVERE WEATHER CONDITIONS wind | sunburn | frost | hail | drought PROTECTING YOUR CROPS FROM THE 2 2 +27 (0)11 692 1658 www.knittex.co.za [email protected]