LANDBOU
1.
Die boerdery is tans besig om ‘n bemagtigingsvennootskap te
finaliseer wat dit die eerste boerdery in die Graafwater-omgewing
sal maak om Vlak 1-bemagtigingsakkreditasie te ontvang. Omdat die
transaksie nog nie afgehandel is nie, word besonderhede nog stil gehou,
maar uiteindelik sal dit die boerdery en hulle bemagtigingsvennoot, die
entrepreneur Brian Hendricks, in staat stel om verwerkte aartappels
uit te voer en dollar te verdien. Volgens die ooreenkoms sal Hendricks ‘n
51%-aandeel in die aartappelvertakking van die boerdery bekom.
Ons gesels verder oor diversifisering en dit raak vinnig duidelik
dat hier nie geaarsel word om nuwe rigtings in te slaan nie. JHL het
in samewerking met die ALG Boerdery in Citrusdal 40 hektaar sitrus
gevestig. Uiteindelik word sitrusaanplantings van 100 hektaar beplan
as deel van dié vennootskap.
3.
4.
Die aartappelbedryf is wispelturig en dit het
sodoende vir ons sin gemaak om ‘n langtermyn-
gewas te plant.
“Citrusdal kan nie meer uitbrei nie, want die water en grond is be-
perk,” verduidelik Johann. “Maar hulle (ALG) het oorsese kontrakte waar
hulle twaalf maande van die jaar sitrus verskaf. Die aartappelbedryf is
wispelturig en dit het sodoende vir ons sin gemaak om ‘n langtermyn-
gewas te plant. Maar ons wou nie ons eie kennis gebruik en ‘n pakstoor
oprig vir die sitrus nie; dit sou ons fokus van ons aartappelbedryf
wegneem.”
Die boerdery plant ook wingerd en het ‘n aandeel in die bekende
Fryer’s Cove Vineyards met sy voortreflike wyne en gewilde kelder by
die see in Doringbaai. “Ons wil die beste koueklimaat Sauvigon Blanc
maak,” sê Johann oor hulle primêre doelstelling. Die Laubschers maak
ook hulle eie wyne onder die Laubscher Family Wines-etiket. Die
Marktoe-span het elkeen ‘n bottel Die Kraal Shiraz persent gekry. Een
hiervan is oor aandete genuttig, en ek moet sê, as die Shiraz só smaak,
dan moet die Sauvignon Blanc uitstekend wees.
5.
2.
1. Vebruikers verkies gewaste aartappels, maar ironies verkort dit raklewe.
2. Die sitrusvertakking word in samewerking met ALG Boerdery in Citrusdal be-
dryf. 3. Volstoom aan die gang. 4. Merke gereed mark toe. 5. Die Laubschers
maak ook wyn onder hul eie etikette waaronder Die Kraal.
MARKtoe! Julie 2017 13