“ Produkontwikkeling en volhoubaarheid speel’ n belangrike rol. As jy deur die vallei ry, is die meeste van wat jy hier sien deur die sitrusbedryf, en deur ons as’ n hoofrolspeler, oor die afgelope dekades geskep. Vir elke werker aan wie jy werk gee, ondersteun jy vier tot ses mense wat direk by die ketting betrokke is. Dit kan groei tot soveel as 10 afhanklikes per werksgeleentheid wat binne die sitruswaardeketting geskep word.
“ As jy dan dink dat ons in die hoogseisoen werk aan tussen 600 en 800 mense gee, groei daardie syfer maklik tot tussen 15 000 en 16 000 mense wat direkte voordeel uit Goede Hoop Sitrus se bedrywighede put,” verduidelik André wanneer hy die rol beskryf wat Goede Hoop Sitrus in die bedryf, maar ook in die lewens van inwoners van Citrusdal en die omgewing, speel.
“ Vir Goede Hoop Sitrus is hierdie mylpaal’ n teken van volhoubaarheid en vertroue. Dit spreek van gesonde finansiële
6. Goede Hoop Sitrus se logistieke proses verseker dat sitrusprodukte veilig en doeltreffend na die hawens beweeg vir uitvoer.