MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 91

2026-JONGBOERWENNERS
2026-JONGBOERWENNERS

TWEE UITEENLOPENDE BOERDERYE MET EEN DOEL

Richard en Anton boer met verskillende produkte en onder uiteenlopende omstandighede. Richard se fokus is op appels en pere in die Wes-Kaapse vrugtebedryf, terwyl Anton’ n gemengde onderneming met graan en Angus-beeste op die Mpumalanga-Hoëveld bestuur.

Ten spyte van hierdie verskille deel hulle’ n sterk fokus op groei, goeie bestuur en die volhoubare ontwikkeling van hul ondernemings en mense.

Hul provinsiale oorwinnings plaas nie net die kollig op hul eie boerderye nie, maar ook op’ n nuwe geslag produsente wat gevestigde landboukennis met moderne denke, tegnologie en strategiese leierskap kombineer.

Later vanjaar sal Richard die Wes-Kaap en Anton Mpumalanga verteenwoordig wanneer Suid-Afrika se voorste jong boere om die Toyota SA / Agri SA Nasionale Jongboer van die Jaar-titel meeding.

Lewe vir die vroeë oggende op die plaas. Nie vir slapelose nagte van skape tel nie.

Ons weet hoe vinnig dinge in boerdery kan verander. Of dit nou beplan of onbeplan is, ons het altyd’ n plan. As markleier, met meer as 108 jaar se ondervinding en’ n landwye infrastruktuur, kan jy staatmaak op Santam om aan te pas by wat ook al volgende kom.
Gesels met jou tussenganger of gaan na santam. co. za / products / agriculture om uit te vind wat ons landbouversekering jou alles bied.
Santam is‘ n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste( VFD 3416),‘ n gelisensieerde nie-lewensversekeraar en die beheermaatskappy van sy groepmaatskappye.
MARKtoe! Julie 2026 0