MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 92

GOEDE HOOP SITRUS
Deur: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter
GOEDE HOOP SITRUS

Deur: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter

“ Om 100 jaar in die sitrusbedryf te kan oorleef, verg veerkragtigheid, gedissiplineerde rentmeesterskap en die vermoë om oor generasies heen te ontwikkel.”

Aan die woord is André Nel, besturende direkteur van Goede Hoop Sitrus( GHS) in Citrusdal, wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier. Die maatskappy is reeds in 1926 gestig en het van’ n beskeie begin tot’ n toonaangewende maatskappy gegroei wat nasionaal en internasionaal as’ n leier in die sitrusbedryf beskou word.

92 MARKtoe! Julie 2026