MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 90

2026-JONGBOERWENNERS
2026-JONGBOERWENNERS

7. Anton Pelser en sy pa, Anton Pelser sr., by die Astro Angus-kudde op Broodsnyersplaas. Anton, Agri Mpumalanga se Jongboer van die Jaar 2026, bou voort op’ n derdegeslag-familieboerdery met’ n sterk fokus op graanproduksie, stoetveeboerdery en volhoubare groei.

delikheid en’ n liefde vir landbou van een geslag na die volgende oorgedra word.

Dit gaan egter nie net oor die bewaring van’ n familieerfenis nie. Elke geslag moet die onderneming verder ontwikkel, by nuwe uitdagings aanpas en geleenthede identifiseer wat toekomstige groei kan ondersteun.

BEOORDELING STREK VERDER AS PRODUKSIESYFERS

Die Jongboer van die Jaar-kompetisie beoordeel jong produsente op die volledige bestuur van hul ondernemings. Aspekte soos finansiële en produksiebestuur, tegniese vaardigheid, personeelbestuur, strategiese beplanning, innovasie en langtermynvolhoubaarheid speel alles’ n rol.

Beoordelaars kyk dus nie slegs na hoeveel’ n boer produseer nie. Hulle ondersoek ook hoe hulpbronne benut word, hoe risiko bestuur word, hoe besluite geneem word en watter planne bestaan om die onderneming oor die lang termyn te laat groei. Die kompetisie plaas ook klem op die rol wat jong boere as leiers in hul gemeenskappe en die breër landbousektor speel.

90 MARKtoe! Julie 2026