6. Anton Pelser vier sy Santam Jongboer van die Jaar-toekenning saam met sy gesin. As derdegeslagboer bou hy voort op’ n familie-erfenis in graanproduksie en Angus-stoetveeboerdery.
Mpumalanga-Hoëveld gevestig en bestaan uit’ n omvangryke saaiboerdery en die Astro Angus-stoetery. Anton verteenwoordig die Broodsnyersplaas-boerevereniging.
Die kombinasie van gewasproduksie en stoetveeboerdery vereis uiteenlopende bestuursvaardighede. Anton moet onder meer produksiebeplanning, hulpbronbestuur, personeelbestuur, finansies en die langtermynontwikkeling van albei vertakkings bestuur.
As derdegeslagboer bou hy voort op die kennis en ervaring wat oor dekades in die familie opgebou is. Terselfdertyd pas hy moderne bestuur, tegnologie en strategiese besluitneming toe om die onderneming mededingend en volhoubaar te hou. Sy vrou, Ismé, en hul jong seun, Wian, vorm’ n belangrike deel van sy lewe op die plaas. Anton se boerderypad weerspieël die waarde van familieboerderye waarin kennis, verantwoor-