MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 88

2026-JONGBOERWENNERS
2026-JONGBOERWENNERS

slimfone vir effektiewe kommunikasie en datainsameling, wat op’ n sentrale stelsel gestoor word. Bestuurders het dan onmiddellik toegang tot hierdie data. Dit maak dit makliker om goeie bestuur sowel op die plaas as in die kantoor toe te pas. Ons kan byvoorbeeld sien wat in elke boordblok gebeur sonder om fisies daar te wees. Dit help ons om beter besluite te neem, veral omdat twee van die plase in die Villiersdorp-distrik geleë is.”

Ondanks die gebruik van tegnologie en moderne bestuurstelsels glo Richard dat sukses uiteindelik by eenvoud begin.

“ Ons fokus op appels en pere. Dis wat ons doen. Ons probeer dit goed doen.”

“ Ons fokus op appels en pere. Dis wat ons doen. Ons probeer dit goed doen.”

Richard meen leierskap is nie’ n titel nie, maar eerder’ n manier van optree.

“ Jy moet wys hoe dit gedoen word en dan volg mense dit wat hulle sien.”

In’ n bedryf waar klimaat, weer, markte en koste voortdurend verander, glo hy dat mense die enigste werklike konstante is.

“ Jy kan nie die mark beheer nie. Jy kan nie die weer beheer nie. Maar jy kan jou mense bou.”

Met só’ n werkswyse en visie is dit duidelik waarom hierdie jong, belowende appel- en peerboer met die toekenning onder die arm huis toe gegaan het.

ANTON BOU VOORT OP FAMILIE-ERFENIS

Anton is’ n derdegeslagboer wat die Astro-boerdery in die Hendrina-distrik saam met sy pa, Anton Pelser sr., bestuur. Die onderneming is op Broodsnyersplaas in die

88 MARKtoe! Julie 2026