individuele begeleiding, met’ n fokus op praktiese toepassing eerder as teorie.
“ Jy sien nie altyd onmiddellik die resultate nie, maar oor tyd verander dit mense se lewens en dit is dan ook sigbaar in ons boerdery.”
Daarbenewens neem alle werknemers jaarliks aan basiese persoonlike ontwikkelingsprogramme deel waar elke span hul rol in die groter geheel verstaan.
“ Elke persoon moet weet hulle maak saak. Dis hoe jy’ n kultuur bou.”
FINANSIËLE BESTUUR KAN’ N BOERDERY MAAK OF BREEK
Produkpryse en markbewegings verg finansiële besluite wat goed deurdink moet word.
“ Ons het altyd’ n plan op die tafel oor wat ons nodig het om ons planne te kan deurvoer. Hoewel ons nie lank vooruit weet watter prys ons vir ons produkte gaan kry nie, omdat ons afhanklik is van die wisselkoers en oorsese markpryse, werk ons met geskatte pryse in ons bestuursmodelle. Ons begin altyd met’ n baie konserwatiewe begroting en soos sake duideliker word, besluit ons watter aanpassings gemaak kan word.”
“ Ons begin altyd met’ n baie konserwatiewe begroting en soos sake duideliker word, besluit ons watter aanpassings gemaak kan word.”
Die gebruik van tegnologie op verskeie vlakke van die boerdery word toenemend’ n aspek wat baie aandag geniet. Die stelsels wat vir onder meer besproeiing, arbeidsake soos’ n klokstelsel vir werkers en finansiële toepassings gebruik word, is met mekaar geïntegreer.
“ Dit maak alles eenvoudiger en meer akkuraat. Produksiebesluite kan betyds geneem word en bestuurders word onmiddellik ingelig om vinnig te reageer. Toesighouers gebruik