MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 86

2026-JONGBOERWENNERS
2026-JONGBOERWENNERS

“ Jy moet mense laat verstaan hoekom hulle werk doen. Dan verander hul hele benadering.”

’ n Sleutelbegrip in Richard se bestuurpraktyk is wat hy die“ ekstra 1 %” noem.

“ Klein verbeterings, elke dag. Dis nie groot veranderinge nie; dis konsekwente verbeterings.”

“ Ons soek voortdurend na daardie ekstra 1 %. Klein verbeterings, elke dag. Dis nie groot veranderinge nie; dis konsekwente verbeterings. Die ekstra insit wanneer niemand sien nie. Doen wat jy goed doen en doen dit goed. As jy te veel goed probeer doen, begin alles uiteindelik daaronder ly,” is sy uitgangspunt.

Juis omdat hul personeel só’ n groot komponent van hul sukses is, is interne ontwikkeling van personeellede’ n belangrike deel van die onderneming se kultuur. Elke jaar word’ n groep werknemers vir leierskap- en persoonlike ontwikkeling geïdentifiseer, van operateurs en junior toesighouers tot potensiële bestuurders. Hulle ontvang maandelikse opleiding en

5. Richard Hutton-Squire en sy kind in een van die plaas se trekkers.

86 MARKtoe! Julie 2026