MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 85

2026-JONGBOERWENNERS
2026-JONGBOERWENNERS

4. Appels gereed vir oes op Hutton-Squire Farms.

konsekwente uitvoering gebou is. Richard glo ook aan sigbare leierskap: om saam met spanne op die plaas te werk en nie net instruksies van bo af te gee nie. Dit bou vertroue en respek.

“ Jy moet daar wees. Jy moet sien wat gebeur. Jy kan nie net van ver af bestuur nie. As dit nat en koud is, moet jy jou stewels aantrek en daar wees saam met jou mense. Hulle moet sien jy is deel van die span.”

Hutton-Squire Farms het 155 permanente werknemers, maar gedurende piekoestyd word sowat 400 seisoenwerkers gebruik.

“ Ons mense is die rede waarom die boerdery werk. As hulle goed werk, werk alles goed.”

Richard glo dat respek en waardigheid nie sagte bestuurskonsepte is nie, maar praktiese noodsaaklikhede vir produktiwiteit.

MARKtoe! Julie 2026 85