gee. Hy sê Daniela verdien die helfte van hierdie toekenning, aangesien sy net soveel tyd en energie in die besigheid insit om Hutton-Squire Farms( Pty) Ltd’ n suksesstorie te maak. Sy is die boerderyonderneming se besigheidsbestuurder.
Richard het aan Bishops Diocesan College in Kaapstad gematrikuleer en aanvanklik ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Ná sy eerste jaar is hy egter na die Verenigde State, waar hy op een van die grootste appelproduserende plase gewerk het. Met sy terugkeer na Suid-Afrika het hy by Elsenburg Landboukollege gaan studeer.’ n Jaar op die plaas ná sy studies het hom egter laat besef dat hy nog meer wou leer. Hy was gelukkig om’ n goeie internskapaanbod by die Washington State Fruit Research Commission te kry, waar hy velddata oor kern- en steenvrugte versamel het. Hier het hy waardevolle ervaring opgedoen. Die blootstelling aan nuwe wortelstokke en wat hy destyds in die proewe geleer het, is presies wat hy vandag in die boerdery toepas. In 2017 het hy as besturende direkteur die leisels by sy pa oorgeneem.
DIE INVLOED VAN SY PA
Daar is’ n sterk familiegrondslag. Sy pa is vir hom’ n groot mentor en is vandag steeds in die boorde besig om sy ervaring oor dekades te deel.
“ Hy het my gewys wat dit beteken om’ n boerdery te bou. Sy werksetiek en kennis van bome is ongelooflik.”
Hy vertel sy pa het’ n geweldige passie vir die boerdery, ook omdat hy op die plaas grootgeword het en steeds in die