MARKtoe! Julie 2026 - Uitgawe 139 | Page 82

2026-JONGBOERWENNERS
2026-JONGBOERWENNERS

3.

3. Richard Hutton-Squire wys hoe gesonde wortels sterk bome ondersteun.

RICHARD FOKUS OP BESTUUR EN MENSE AS BELEGGINGS

Deeglike beplanning en die vermoë om by veranderende omstandighede aan te pas, is van die vernaamste suksesfaktore in hul boerderyonderneming en moontlik ook die belangrikste manier waarop’ n moderne vrugteboerdery in vandag se snelveranderende tye kan oorleef.

“ Die blootstelling aan nuwe wortelstokke en wat hy destyds in die proewe geleer het, is presies wat hy vandag in die boerdery toepas.”

Richard het’ n duidelike siening oor landbou in die algemeen, die belangrikheid van hul werksmag en die nougesette toepassing van tegnologie in hul boerdery. Dit is heel waarskynlik van die redes waarom hy vanjaar in Agri Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar-kompetisie uitgestaan het.

Dit is veral vir die rol wat sy ouers, Johnny en Di, en sy vrou, Daniela, in die boerdery speel, waarvoor hy dadelik erkenning

82 MARKtoe! Julie 2026