Agri Mpumalanga se Jongboer van die Jaar gekroon is. Later vanjaar sal hulle teen die wenners van Agri SA se ander provinsiale affiliasies in die Toyota SA / Agri SA Nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie meeding.
Omdat verskeie provinsiale kompetisies nog afgehandel moet word, word die volledige nasionale deelnemerslys eers later gefinaliseer. Richard en Anton is egter reeds deel van die groep provinsiale wenners wat om een van Suid-Afrika se bekendste jongboertitels sal meeding.